eerste winterreen van die jaar
eerste kaggelvuur van die seisoen
'n paar klein werkies gedoen voor die vuur
'n pot vol wit rose
en 'n gelukkige gesin vol draadwerk
Sunday, May 11, 2014
a few things . . .
Thursday, May 8, 2014
Moedersdag / Mother's day 2014
Hanlies Properties se voorbereiding vir moedersdag . . . vir almal wat al 'n eiendom by Hanlies gekoop het, en daar 'n moeder is . . . die mooiste kruie-bakkies.
Wednesday, May 7, 2014
'n lawwe bosvers
Diep in die woud
Waar dit reen is en nat en koud
Fluister die bome geheime vir mekaar
Oor die mense, blomme en 'n akkerblaar.
Hulle skinder oor gebeure
En oor bekende, muwwerige geure
Oor die reen en son en dou
En oor die duif en die Piet-my-vrou.
Hulle praat oor die seisoene en son
En oor die somer wat hopenlik kom
Hulle kla oor die nat reenweke
En praat oor familie wat hul blare mors in geute.
Hulle praat oor die skoolbome
Wat akkers gooi op kinders se tone
En oor die tuinboom wat kan raak aan 'n opgewonde kleuter se roksoom.
Want al die inligting waarvan hulle so praat
Hoor hulle by die mens, hul eie spanmaat
Hulle luister as die mense deur die bos kom loop
Of om iets by die boswinkel te koop
So gaan die dae verby, die week le op sy rug
En so bring dit my ook aan die einde
Van my lawwe bosgedig.
- woorde deur lize -
Winter on the way
Knitting while waiting for L at school or tennis or music lesson or maths lesson. I always keep something in the car to do - either knitting or reading.
Fitted cardigan by Jo Sharp -
Wednesday, April 30, 2014
home made quince jelly
I am not a cook - I make simple, easy, healthy food for everyday living.
I am not a baker - do not bake cake, cookies or pudding -- it's not my forte.
But once in a while I make something out of the orfinary.
Sister in law gave me a basket filled with freshly picked quinces. I made it into quince jelly . . . beautiful colour, delicious taste and lovely to look at.
Hier is my aanwysings vir die mooiste, heerlikste en lieflikste kweperjellie :
Sny kwepers in stukke met skil en al - weeg 2 kg af na gesny
Gooi in groot kastrol saam met 2.5 liter water
Was 1 suurlemoen af en sny middeldeur, druk sap uit in kastrol, en gooi in kastrol saam met kweperstukke
Prut vir 1 uur tot goed sag
Gooi deur vergietes sodat sap en pulp apart is
Hou sap eenkant, skep pulp terug in pot
Voeg 1.25 liter water by en prut vir 30 minute
Gooi weer deur vergietes.
Gooi pulp en suurlemoen weg
Meet die sap af en gooi in groot pot
Gooi vir elke 500 ml sap een en 'n kwart koppie wit suiker by
Verhit tot kookpunt, roer totdat al die suiker opgelos het
Kook nou vinnig (ongeveer 1 uur)
Moenie roer nie
Toets op koue piering - skep sap op piering en wanneer afkoel, moet dit jel
Monday, April 28, 2014
Kwepers / quinces
Sunday, April 27, 2014
Photo of the day
Sunday, April 6, 2014
A vegetable garden provides food for all :
First weekend in January I planted the first plants in my veggie patch / potager. It was brinjals, tomatoes, runner beans, squashes, sunflowers, artischoke and marigolds.
In March we had our first harvest.
Glorious coloured brinjals and squashes.
We savoured the veggies and the flowers.
A heart shaped tomato -- how cool is that ! ! ! !
Late March we expanded the veggie patch and planted cauliflower, brussel sprouts, green peppers, broccoli, peas, camomile and more marigolds.
A week after the planting we had colder weather and rain. The snails came out of hiding and feasted on the Brussels sprouts, marigolds, broccoli, peas and green pepers.
We placed on numerous places between the cauliflower plants cleaned yoghurt buckets filled with a little beer to attract the snails away from the plants. Let's see if that works.
The beauty of flower and brinjal.
I could not resist to try a water colour --
Now, back to watering the veggie patch.
Wednesday, January 8, 2014
"I have lived"
When I take a one way ticket to the road of no return
On a journey every man must make someday
When it's time to meet my Maker and explain my sins away
I will tell him, yes I'll tell him I have lived
I have lived each single moment as a man of flesh and blood
with my soul and all my senses open wide
I have lived and tasted everything that called out to be tried
I'm afraid of neither heaven nor of hell
Never caring if I had a soul to sell
I was no more optimistic than my fellow man would be
I have always been an artist not a saint
Now the neon lights are dimming
no morecostumes no more paint
I admit that I was selfish, I have lived
I have lived a life of running after joy & happiness
With my feelings always tearing at my heart
Oh my Lord, I should have thought of my salvation at the start
But I lived so many mornings I was told
You would take a sinner back into the fold
If my reasons seem too fragile and my words of no effect
and forgiveness is the one thing I must win
I'll explain my life and show you all I am
and all I've been and I'll say in my defence,
Well I have lived
I have lived with soul on fire with desire in my skin
in the name of everyone I've ever known
I have worshipped every shrine of love and if I must at all
I'll be ready then to kneel and pay the price
For the yesterdays I spent in paradise
I have lived my life
Tuesday, December 24, 2013
18 Desember 2013
'n Paar dae in Ladismith of is die Ladysmith? op Claude se suster se plaas waar hulle boer met skape (meatmaster), appelkose en perskes.
Oor die naweek help ons skape aanja na die kraal. Die skape word snags in die kraal gehou om te voorkom dat die rooikatte en jakkalse hulle buit en opvreet.
Meisie-hond is 'n plaashond in murg en been. Een van die beste speletjies is om molle te jaag, en kyk hoe lyk ons nou . . . maar waar is die mol?
Haantjie kraai ons vroeg-vroeg oggend wakker : Koe-ke-doe-del-doo . . .
Monday, December 9, 2013
My "postings" is maar sporadies aangesien die werkrekenaar ook die tuisrekenaar is.
Ek moet maar wag tot daar 'n tydjie is om te spaar van die werk sodat ek kan blog.
Nou is die tyd en ek het 'n paar foto's om te wys van die afgelope twee weke.
Heel eerste -- 'n kat wat onverwags gevang is waar sy tussen die blare haar daaglikse mooi-maak- sessie het.
'n Waterverf-werkie.
Die raam het ek raakgeloop op die Idees Feesmark by Simondium Country Lodge.
Ek wil beslis nog van die rame kry - dit gee 'n dieper dimensie aan 'n waterverfskildery.
Somertyd is swemtyd. En hartjietyd . . .
Ons het ook vir skoonsus geneem om by ander skoonsus te gaan kuier op Ladismith. En wie kan nou verby 'n kerkgebou soos hierdie ry sonder om 'n foto te neem. Wie kan in elk geval verby enige kerkgebou ry sonder om geraak te wees deur die boustyl, ambiance, impossantheid of emosionaliteit wat altyd saam met enige kerkgebou gaan?
Elke dorp - klein of groot - in Suid-Afrika het 'n kerkgebou (of verskeie) wat bydra tot die Suid-Afrikaner se geskiedenis en kultuur. Elkeen van ons het 'n emosionele verbintenis met kerkgeboue - of ons nou gelowig is of nie, van watter geloof ookal.
Saturday, November 30, 2013
Back
Hierdie blog het ek self geskep destyds en kan dus verander soos dit my pas.
www.homeofcreativity.co.za/christina is deur 'n webrabbi geskep en ek het geen toegang om die titelbladfoto te verander of aan te pas nie. Dit is nogal hinderlik . Dus het ek besluit om hierdie blog weer aan te durf . En ook om dit in my huistaal te bedryf, naamlik Afirkaans.
Hier wil ek graag brokkies van ons alledaagse lewe en dit waarmee ons ons besig hou, deel.
Aarbeityd in die Boland. Ons koop ons aarbeie by 'n padstal, genaamd Strawberry King. Elke dag vars gepluk en geurig en soet soos net aarbeie kan wees.
Friday, September 9, 2011
new home . .
Please visit me at http://homeofcreativity.co.za/christina
Thank you and kind regards . . .