Wednesday, May 7, 2014

'n lawwe bosvers

Diep in die woud
Waar dit reen is en nat en koud
Fluister die bome geheime vir mekaar
Oor die mense, blomme en 'n akkerblaar.

Hulle skinder oor gebeure
En oor bekende, muwwerige geure
Oor die reen en son en dou
En oor die duif en die Piet-my-vrou.

Hulle praat oor die seisoene en son
En oor die somer wat hopenlik kom
Hulle kla oor die nat reenweke
En praat oor familie wat hul blare mors in  geute.

Hulle praat oor die skoolbome
Wat akkers gooi op kinders se tone
En oor die tuinboom wat kan raak aan 'n opgewonde kleuter se roksoom.

Want al die inligting waarvan hulle so praat
Hoor hulle by die mens, hul eie spanmaat
Hulle luister as die mense deur die bos kom loop
Of om iets by die boswinkel te koop

So gaan die dae verby, die week le op sy rug
En so bring dit my ook aan die einde
Van my lawwe bosgedig.

- woorde deur lize -

No comments: