Tuesday, December 24, 2013

18 Desember 2013

Somervakansie.

'n Paar dae in Ladismith of is die Ladysmith? op Claude se suster se plaas waar hulle boer met skape (meatmaster), appelkose en perskes.

Oor die naweek help ons skape aanja na die kraal. Die skape word snags in die kraal gehou om te voorkom dat die rooikatte en jakkalse hulle buit en opvreet.




Meisie-hond is 'n plaashond in murg en been. Een van die beste speletjies is om molle te jaag, en kyk hoe lyk ons nou . . . maar waar is die mol?


 
 
Vir ons meisiekind en haar maatjie is plaaskuier swem en baljaar in die dam. 'n Plaas moet 'n dam he, nie 'n swembad nie.
 


 
 
Ons het nog nooit deur die Seweweekspoort gery nie, en hier is die geleentheid. 'n Pragtige weg om vanaf Ladismith na Laingsburg te gaan.
 


 
Pumpkin patch
 
 


Haantjie kraai ons vroeg-vroeg oggend wakker : Koe-ke-doe-del-doo . . .

 
 
Na vier dae van saligheid, plaasstilte, geen gejaag na wind, is ons oppad huis toe.
 


Monday, December 9, 2013

Tyd loop vining uit, voor jy jou kom kry is dit alweer 'n ander week.

My "postings" is maar sporadies aangesien die werkrekenaar ook die tuisrekenaar is.
Ek moet maar wag tot daar 'n tydjie is om te spaar van die werk sodat ek kan blog.

Nou is die tyd en ek het 'n paar foto's  om te wys van die afgelope twee weke.

Heel eerste -- 'n kat wat onverwags gevang is waar sy tussen die blare haar daaglikse mooi-maak- sessie het.



'n Waterverf-werkie.
Die raam het ek raakgeloop op die Idees Feesmark by Simondium Country Lodge.
Ek wil beslis nog van die rame kry - dit gee 'n dieper dimensie aan 'n waterverfskildery.



Somertyd is swemtyd. En hartjietyd . . .



Ons het ook vir skoonsus geneem om by ander skoonsus te gaan kuier op Ladismith. En wie kan nou verby 'n kerkgebou soos hierdie ry sonder om 'n foto te neem. Wie kan in elk geval verby enige kerkgebou  ry sonder om geraak te wees deur die boustyl, ambiance, impossantheid of emosionaliteit wat altyd saam met enige kerkgebou gaan?


Elke dorp - klein of groot - in Suid-Afrika het 'n kerkgebou (of verskeie) wat bydra tot die Suid-Afrikaner se geskiedenis en kultuur. Elkeen van ons het 'n emosionele verbintenis met kerkgeboue - of ons nou gelowig is of nie, van watter geloof ookal.