Thursday, May 29, 2014

Snippets of my winter garden

Dis heerlik om na 'n dag se werk tuis te kom en deur die tuin te stap.
Na die dag se sagte reen is die plante, gras, bome en lug skoongewas.
Elke lewe (plant en dier) adem die vreugde van die reen en die varsheid van die grond . . .

En ons - ons verwarm onsself saans voor die kaggel met 'n boek in die hand. En voed ons  liggame met warm heilsame sop en vars brood - koningskos.

Sunday, May 25, 2014

For Annie

To keep warm early morning attending the sheep on a Karoo farm.

Pattern found in Ravelry by Krentu.
Yarn : Softie by Sirdar

Sunday, May 11, 2014

a few things . . .

eerste winterreen van die jaar
eerste kaggelvuur van die seisoen
'n paar klein werkies gedoen voor die vuur
'n pot vol wit rose
en 'n gelukkige gesin vol draadwerk

Thursday, May 8, 2014

Moedersdag / Mother's day 2014

Hanlies Properties se voorbereiding vir moedersdag . . . vir almal wat al 'n eiendom by Hanlies gekoop het, en daar 'n moeder is . . . die mooiste kruie-bakkies.

Wednesday, May 7, 2014

'n lawwe bosvers

Diep in die woud
Waar dit reen is en nat en koud
Fluister die bome geheime vir mekaar
Oor die mense, blomme en 'n akkerblaar.

Hulle skinder oor gebeure
En oor bekende, muwwerige geure
Oor die reen en son en dou
En oor die duif en die Piet-my-vrou.

Hulle praat oor die seisoene en son
En oor die somer wat hopenlik kom
Hulle kla oor die nat reenweke
En praat oor familie wat hul blare mors in  geute.

Hulle praat oor die skoolbome
Wat akkers gooi op kinders se tone
En oor die tuinboom wat kan raak aan 'n opgewonde kleuter se roksoom.

Want al die inligting waarvan hulle so praat
Hoor hulle by die mens, hul eie spanmaat
Hulle luister as die mense deur die bos kom loop
Of om iets by die boswinkel te koop

So gaan die dae verby, die week le op sy rug
En so bring dit my ook aan die einde
Van my lawwe bosgedig.

- woorde deur lize -

Winter on the way

Knitting while waiting for L at school or tennis or music lesson or maths lesson. I always keep something in the car to do - either knitting or reading.

Fitted cardigan by Jo Sharp -