My "postings" is maar sporadies aangesien die werkrekenaar ook die tuisrekenaar is.
Ek moet maar wag tot daar 'n tydjie is om te spaar van die werk sodat ek kan blog.
Nou is die tyd en ek het 'n paar foto's om te wys van die afgelope twee weke.
Heel eerste -- 'n kat wat onverwags gevang is waar sy tussen die blare haar daaglikse mooi-maak- sessie het.
'n Waterverf-werkie.
Die raam het ek raakgeloop op die Idees Feesmark by Simondium Country Lodge.
Ek wil beslis nog van die rame kry - dit gee 'n dieper dimensie aan 'n waterverfskildery.
Somertyd is swemtyd. En hartjietyd . . .
Ons het ook vir skoonsus geneem om by ander skoonsus te gaan kuier op Ladismith. En wie kan nou verby 'n kerkgebou soos hierdie ry sonder om 'n foto te neem. Wie kan in elk geval verby enige kerkgebou ry sonder om geraak te wees deur die boustyl, ambiance, impossantheid of emosionaliteit wat altyd saam met enige kerkgebou gaan?
Elke dorp - klein of groot - in Suid-Afrika het 'n kerkgebou (of verskeie) wat bydra tot die Suid-Afrikaner se geskiedenis en kultuur. Elkeen van ons het 'n emosionele verbintenis met kerkgeboue - of ons nou gelowig is of nie, van watter geloof ookal.
No comments:
Post a Comment