Friday, January 16, 2009

Ons afskopgeleentheid vir 2009 is ‘n werkswinkel by die Breytenbachsentrum op Donderdag 22 Januarie 2009 en sal om 18h30 begin. Ons gaan buite werk en ons hoop dat dit ‘n heerlike warm somersaand gaan wees. The workshop will be presented by Domingo Fyle (Peter). Peter is a sculptor and works full time at the Breyenbachsentrum where you will see him covered in dust busy chopping, grinding and sanding wooden hearts. Peter gaan demonstreer hoe om ‘n beelhouwerk uit ‘n stuk optelhout te kap tot by die finale afwerking. Boonop gaan elke deelnemer ‘n houthart ter waarde van R30 kry wat jy dan kan versier na jou keuse. Verf, vernis en mosaiekteeltjies sal beskikbaar wees vir versiering. Dit is ‘n belewenis om vir Peter te sien werk en ‘n wonderlike geleentheid vir ons om self ‘n beeldhouwerk uit ‘n stuk hout te kap.

Join us afterwards for snacks and a glass of wine or juice. Costs are R10 for members and R30 for non-members. This is a great networking opportunity for artists and crafters in the Drakenstein municipal area and a bargain at only R30!

Die Bestuur het besluit om hierdie jaar ‘n jeug kunskompetisie aan te bied vir laerskool leerlinge in die Drakenstein munisipale gebied. Ons wil graag die kompetisie aanbied rondom ‘n tema en wag vir voorstelle van lede. Verdere inligting hieroor sal Donderdagaand 22 Januarie 2009 aan julle gegee word.

Please let me know of classes/workshops/exhibitions or any other news which we can advertise in our newsletter and at our monthly meetings. Hierdie tyd van die jaar is almal lus om met iets nuut te begin en dit is ‘n goeie tyd om jou klasse te adverteer.
Ledegelde beloop R 60-00 vir 2009 en elke lid ontvang 'n houtsleutelring met die kunsvereniging se logo daarop gebrandskilder deur Elmarie.

No comments: