Ek is gelukkig en kort humeurig
Ek wonder oor hoe hulle op die maan kom
Ek hoor voêls en dennebome wat praat in die wind
Ek sien my as 'n suksesvolle vrou eendag met 5 kinders
Ek wil graag gelukkig wees en vry wees om God te dien
Ek is gelukkig en kort humeurig
Ek verbeel my ek lê op bloekombloeisels en slaap elke nag
Ek voel altyd hartseer as diere seerkry
Ek raak aan die Eifeltoring (Parys)
Ek bekommer my oor aardbewings
Ek huil as ek raas kry
Ek is gelukkig en kort humeurig
Ek verstaan dat alle mense belangrik is
Ek sê dat God almagtig is
Ek droom om 'n professionele tennisspeler te wees
Ek probeer om altyd Net Die Beste te gee
Ek hoop dat rassisme in ons land sal stop
Ek is gelukkig en kort humeurig